AFRIKA BRIEF 5

AFRIKA REIS : JOHAN & MARIANNE  (5)      –         8 JULIE 2010

Min plante langs die Nigerrivier. Ons geniet die koel water in die hitte
Bote op die Niger. Die lug is rooi weens die Saharastof in die lug

Ons vorige brief was vanaf Niamey hoofstad van Niger.  Voor vertrek moes ons eers ‘n klein hersteling maak aan ons voertuig se opdrukdak – die sweis-las het gebreek.  Dit blyk dat ek beter toegerus is vir die job as die werkswinkel.  Ek gee die tape, hulle sny die staal met hul ystersaag. Die staal word met ‘n handvyl korter gevyl wat met ‘n tang vasgehou word – gate word geboor met hul boor en my boorpunte, alles op die sypaadjie en daarna af na die sweiser.  Los drade word in ‘n soort van ‘n plug gedruk met die anderkantste drade wat op die sweismasjien vasgedruk word.  En net daar op die sypaadjie word ‘n baie professionele sweis-las gemaak en kon ek die nuwe plaat vas rivet – dis die Afrika manier.

Wereldbekerjaar en ons deel sokkerballe uit

Ons ry noord en slaap by ‘n hotel – soortvan – langs die Niger rivier.  Ek en Marianne kamp voor die hotel langs die rivier – beter opsie, alhoewel die lugreëling ontbreek.  Afrika speel skuins voor ons in die rivier af – donkie karre in die water wat water skep, wasgoed, gebad, gespeel, gesosialiseer en handel gedryf.  Hout pirogue tipe bote kom met handelsware verby.  Hier sak die son nie – dit raak weg so ‘n entjie bo die horison vanweë klein wit stofdeeltjies in die lug.  Dit gee ‘n mistige gevoel met die voorgrond mooi helder – nogal goed vir foto’s.

Die volgende oggend net-net nadat ons opgepak het, word dit skielik pikdonker (binne 20 sekondes) en ruk daar ‘n stofstorm op en raak die rivier voor ons weg in die rooi donkerte.  Na ‘n uur is alles weer rustig en vertrek ons na die grens.  By elke polisie pos is dit “Mali bad people – Al Kaida gives problems”.  Die polisie dring aan op polisie begeleiding na die grens vir die laaste 25km.  Wat ‘n sirkus.  Die polisie jaag verby ons – stop, bespied tot ons verby is en jaag dan weer tot voor. Ons moes R1000 vir die petrol betaal.  Hierdie is nou Afrika entrerpreneurskap tesame met Afrika toneelspel – ek dink as ek op ‘n fiets die pad gery het, was die polisie wat my kon raakry die enigste gevaar.  By Mali grenspos gaan dit relatief vinnig.  Die een ou sê hulle sien selde toeriste – 6 maande laas – dit is nou die enigste pad na Timbuktu van die suide van Nigerië en Niger – die ander pad is van die suidweste.  Hulle sê ons moet ry – ons het nou nie meer ‘n gids nodig nie.  Die eerste paar kilometer lyk elke touarek op ‘n kameel na ‘n terroris, maar gou vergeet ons van die “gevaar”.

Alibaba ons gids met die ligblou serp

Gao is die hoofstad van die noorde en ooste.  Ons is verplig om by die polisie te registreer.  Die polisiekaptein kom eers ses uur die aand (4 ure later) en boonop mag ons nie kamp nie – “die gevaar”.

Ons drink tee in Timbuktu

Ons “hotel” is gebou uit modder en bestaan uit ‘n paar kamers om die hoek bo in ‘n gangetjie en langsaan ‘n binnehof, ens.  Dit het ‘n lugreëlaar en ‘n waaier en as isolasie vir die mure het dit nog ‘n kamertjie langsaan (‘n tipe voorportaal).  So om in te kom, loop mens deur 2 deure en daar is geen vensters.  Daar is nie warm water nie, of beter gestel, slegs warm water – ‘n interessante ondervinding.  Ek weet nou hoe ‘n mier in sy nes voel.  Mense hier ken nie toeriste nie en is vriendelik, maar hulle “tourist guides” het kontakte en is vasbyters – “my friend Alibaba will be waiting for you in Timbuktu”.  En sowaar, die eerste ou daar in Timbuktu was Alibaba.

Timbuktu: Baie van die huise het nog modder mure. Ander is met met Stene gebou. Luukse huise en geboue is daar nie met die uitsondering van die museum wat Suid Afrika geskenk het…..Modern met aardse kleure.
‘n Losieshuis by Tele teen die kranse. Hierdie eetplekke is gewoonlik op die eerste vloer waar dit effens koeler is in die briesie. Hierdie dorpies het selde elektriese krag.

Die pad na Timbuktu is ‘n 2 spoor pad wat telkens in die duine wegraak en ander tye in baie verskillende paadjies vertak – gelukkig lei al die paaie na Timbuktu.  Ons sien telkens die Niger.  Ons temperatuur – nuwe rekord 46°C.  Ons kamp uit tussen ‘n paar lae duine en parkeer op ‘n hoogtetjie vir maksimum lugbeweging.  Dit is 8 uur die aand – windaf van ons pak ‘n storm saam – Stanley gaan kyk die temperatuur – 44°C. ‘n Debat volg of dit regtig 44°C is en of die motor (wat toe reeds 3 ure staan) ‘n invloed het – die windaf storm is nader en skielik click ons en hardloop kar toe om die deure toe te maak en tente toe te zip.  Te laat – die storm tref – alles is stof en sig is maar ‘n paar meter. Geen kans om die ander te help nie, omdat ek hulle nie sal kry nie.  In so ‘n storm kan jy in 10 meter verdwaal.  Alles wat los is word rond gewaai.  My verkyker wat aan my stoel gehang het is binne minute onder sand begrawe – ook maar goed, want so is die lens teen sandblasting beskerm – later kom reën , maar nie genoeg om ons ‘n tweede storm om 2 uur die nag te laat vryspring nie.  Heelnag wissel die wind en selfs die temperatuur.  Deur my arm op te steek voel ek verskillende temperature in die lug

SDFGHJK

 

Timbuktu is ‘n belewenis en Alibaba blyk ‘n baie goeie gids te wees.  Ons besoek museums, ‘n biblioteek met geskrifte van die tiende eeu, ‘n moskee en ander interessante geboue.

Timbuktu is naby die Niger rivier.  Van die eerste 44 Europeers wat Timbuktu (die einde van die wêreld) wou bereik, was net 4 suksesvol en het net 3 het lewendig tuis gekom.  In die tyd het Arabiere daarenteen handel gedryf met sout en ander ware.  ‘n Handels-karavaan het bestaan uit baie kamele en 4 Arabiere, een vir navigasie met ekstraal oë – want snags kan mens nie sterre sien nie vanweë die stofdeeltjies, een vir kamele oppas, een vir kosmaak en een wat musiek maak.  Deur die sahara het hulle ‘n roete met so elke 50km water.  Die “leier” kameel  wat die roete ken speel ‘n belangrike rol.  In Timbuktu verander die mense.  Minder bereikbaar, meer gewoond aan toeriste en wil nie afgeneem word nie.  Die kinders en gidse is lastig.  Alibaba se kontakte hou gelukkig die ander gidse en entrepreneurs op ‘n afstand en hy maak foto’s neem vir ons moontlik – ‘n Gids soos hy (met papiere) het in Mali ‘n baie hoë status – blykbaar al in RSA gewees vir opleiding en het glo selfs vir Zuma meer van die Afrika kultuur geleer in Timbuktu.  Hier speel Suid Afrika ‘n groot rol.

ASDFGHJKL

‘n Pragtige nuwe museum / biblioteek, om al die waardevolle geskrifte te bewaar, is deur Mbeki en sowat 10 groot Suid Afrikaanse maatskappye geskenk en is indrukwekkend – nogal mooi, maar tog ‘n groot kontras met die ander modder geboue.

Die Djinquerere moskee (die bekende een) dateer van 1327.  In die 16de eeu was daar 25 000 Moslem studente in Timbuktu.  Die geskrifte van die tyd word nou in verskeie biblioteke bewaar.  Hierdie geskrifte is oral soms ook in privaat huise en dis hier waar die Suid Afrikaanse Bibilioteek met alle moontlike fasiliteite om dit te bewaar so ‘n belangrike rol speel.  Hierdie gebou is ‘n baie goeie ambassadeur vir SA.  Ons stap ook verby die huise van 3 van die eerste 4 Europieërs.

Ons slaap die aand in ‘ n redelik gemaklike hotel met ;n groot groen swembad.  Ons gebruik die middag om wasgoed en motor te was.  Die aand eet ons tradisioneel bokvleis met brood wat bo-op die stew gaargemaak is.  Alibaba beïndruk deurdat hy steeds ons help met allerlei die volgende oggend, alhoewel hy die vorige dag sy 10 000 piesangs (ons naam vir hul geldeenheid) so ± R 200 per persoon gekry het.

Ons vetrek die volgende oggend na die veerboot – verdwaal eers – en vaar in 2 sarsies oor die Nigerrivier.  Die landskap verander van rooi sandduine en soms diepsand na doringveld.  Ons slaap die aand in die vlakte naby rotskoppe.  Ons wou tussen die klippe slaap, maar Dave reken die klippe bak te warm.  Tog is die kamp goed gekies sodat daar geen los sand is nie en pla ‘n volgende sandstorm min en is gou verby.

Die moskee by Mjiguibombo

Die volgende dag na Bandia Gara vanwaar die Dogan gemeenskappe besoek kan word, oral is tekens van goeie reën.  Ons gids Mamamkieku is nie so goed nie en baie dramaties veral voor sy eie mense – klink soos ‘n politikus.  Ons het ongelukkig hom nodig om die dorpies te vind en te mag foto’s neem.  Die Dogan het teen die eskaprement gebly, maar bly nou in die vlakte net onder die kranse.  Ons ry eers bo (klipplate en rotsformasies en ‘n amper magaliesberg plantegroei) en sak af na Tjiguibombo met sy pragtige moskee tussen kremetart bome en lande in die skadu van die reg af kranse van die eskaprement.  Hierdie moskee is baie mooier as die in Timbuktu en is ‘n kleinboet van díe in Djenne.

By Telé besoek ons die klip en modder geboude huises onder die hol kranse teen die hange.  Baie interessant en goed vir foto’s.  Die dorpie reg onder op die vlakte het sy eie moskee en tradisionele modder geboude losieshuise waar toeriste kan oorbly.  Hulle kuier onder grasafdakke en slaap snags op die platdakke waar daar lugbewegings is om die hitte meer draaglik te maak.  So ‘n losieshuis het ‘n indrukwekkende ingang met ‘n mooi binnehof waar die gaste saam kan kuier.  Oral in die dorp is hout kunswerke.

Ons ry deur verskeie soortgelyke dorpies met oral lande tussen die kremetart bome.  Almal bewerk hul lande na die goeie reën en oral is karretjies wat deur donkies of perde of osse of kamele getrek word.  Onder die eskarpement is genoeg water en baie vrugbare grond.  Ons ry ‘n paar kilometer weg van die kransie om slaapplek te kry waar die lande ophou.

Hiervandaan na Mobti aan die Nigerrivier wat beskou word as Afrika se Venesië gebou op 3 eilande waar die Barni Rivier by die Niger aansluit.  Oral is piroques vol handelsware.  Die gidse wat ons wil rondwys is soos brommers – veral die een – noem hom maar Koos.  Koos verstaan nie goodbye of “we don’t need you” of “go away” nie.  Ek probeer alles van sarkasme tot ignorering tot intimidering om van hom ontslae te raak.  Op ‘n stadium vra ek hom waarheem hy gaan, want ek wil die teenoorgestelde rigting stap.  Hy kry die boodskap en verlaat ons.  Tien minute later is Koos weer by ons met ‘n groot glimlag “I’m back, did you miss me”.

Mobti aan die Niger

Marianne sien ‘n hemp wat sy vir my wil koop, maar ons sien nie kans om die prys te vra nie.  Die enigste manier om nie verdring te word nie is om die ouens wat aanhoudend goed aan ons wil verkoop te ignorer totdat hulle voor jou gaan staan.  Ons oplossing was om verder te ry na Djenne, ‘n dorp in die vloedvlakte van die Niger met ‘n baie groot moskee.  Weereens het ons moeilikheid met die gidse – Ek maak ‘n prys vas om die moskee van die dakke van 2 huise af te neem.  Sodra ek op die dak van die eerste huis is, is die gids weg en vra die eienaar vir geld.  Op ‘n stadium vat ‘n ander gids oor en wil ook geld hê en is ontsteld as ek eers by die motors wil betaal – Hierdie keer is ek nie uitgevang nie.

Ons slaap in die vlakte en ry die volgende dag na Bamako, ‘n pragtige koloniale stad.