ANI

ANI

 

Die stad Ani dateer vanaf die 5de eeu.  Vandag is daar slegs klein gedeeltes oor van die eens magtige stad van meer as 100 000 inwoners en hoofstad van die Armeniese Ryk (961 – 1045 NC).  Dit is moeilik om jou in te leef in die lewe hier 10 eeue gelede.  Nou is dit droë graslande met ‘n paar murasies, ‘n stuk muur, ‘n kerk of wat, maar hoofsaaklik klippe.  Hoekom hier in die uithoeke van die grootte Steppe?  Die stad is so gebou dat slegs 1 kant deur ‘n muur beskerm is.  Die ander 2 kante is beskerm deur die sterkvloeiende Akhurianrivier in ‘n diep valley en die Bostaniar vallei met sy kranse.

 

Ani wat bekend gestaan het as die stad van 1001 kerke was geleë op die kruispad van verskeie handelsroetes.  Dit was ook die begin van die “Silk route” na China.  Handelaars moes belasting betaal om oor die brug die stad te betree.  Destyds was Ani belangrik genoeg om met stede soos Konstantinopel, Baghdad en Damascus vergelyk te word.  Terwyl ek so oor die vlakte kyk wonder ek hoe so baie kerke en so baie mense in die paar vierkante kilometers kon inpas.  Daar is gesê: “It’s fortifications were amongst the most technically and artistically advanced in the world”.

 

Die katedraal is in 989 NC gebou, die Armenium Church of The Redeemer.  Toe die Seljuck Moslems die stad oorneem in 1064 NC het hulle die kerkp herdoop die Fethiye Camii Moskee (Victory Mosque).  Die Seljucks het geregeer tot 1072 NC en kort daarna is die stad deur ‘n aardbewing verwoes en vandag het ons ‘n goeie verbeelding nodig om die stad te visualiseer.

 

Ani en die omgewing is tussen die 11de en 17de eeu verskeie kere deur Byzantynse heersers, Otooman Turke, Armeniërs, Kurde, Georgians en Russe ingeval en in die proses het die stad al hoe meer verval.  Soveel so dat die magtige invloedryke stad ANI vandag slegs ‘n paar rotse in die veld is.

1 thought on “ANI

Comments are closed.