EFESE

EFESE dateer vanaf 3000 v C bekend as Aspasa die hoofstad van die Arzwa koningkryk. In 700 v C is die tempel van Armenis gebou.  Die stad is in 500 v C verwoes en weer herbou. Die dissipel Johannes het lank hier gebly (42 n C tot aan die einde van die eeu) en het hier die Evangelie van Johannes asook die briewe geskryf.  Destyds het die inwoners vir Armenis aanbid en is die Christene vervolg. In die straat is ‘n geheime teken in die marmer uitgekap waar die Christene gewoon het. So kon die Christene mekaar vind want net die Christene het geweet wat die teken beteken.

Efese was in die tyd ‘n belangrike hawestad.  Vanaf die hawe loop Harbour Street tot by die teater bo teen die berg. Oor die jare het die see ver teruggetrek en is Efese vandag ver van die see.  Die biblioteek is waarskynlik vandag die mees indrukwekkende gebou aangesien die aansig redelik ongeskonde bly staan het.  Die kwaliteit van die vakmanskap beindruk ons.  In die 7de en 8ste eeu is die stad verwoes deur die Arabiere en kan ons vandag slegs gedeeltes van die eens indrukwekkende stad sien. Dat die vroeë Christene hier baie swaar gekry het is duidelik