HIERAPOLIS

HIERAPOLIS

 

By Pamukkale in die provinsie Denizli net Noord van Antalya is die stad Hierapolis.  Die stad is in die 2de eeu gebou rondom ‘n kalsium en mineraalryke warmwaterbron (“the thermal spa of Hierapolis of Pergamon”).

 

Onder die stad is die bekende spierwit kalsium watervalle en damme.  Die water het medisinale en terapeutiese eienskappe wat dit tot vandag toe ‘n baie gewilde bestemming vir toeriste maak.  In 60 NC is die stad deur ‘n aardbewing verwoes en weer opgebou.  In 133 NC het die Romeine die stad oorgeneem en heelwat nuwe geboue gebou in die Romeinse-greco styl.

 

Die temple van Apollo wat regoor die warmwaterbron gebou is, die teater, die biblioteek (nou ‘n museum), die hidroliese watersisteme en die “Mortyrium of St. Philip” is steeds te sien.  Die apostel Philip wat in 87 NC in die teater die Christus boodskap gebring het, is hier gekruisig.  Die stad het heelwaarskynlik in die stad van die Seljuk Turke in onbruik verval.

 

Die warmwaterbronne Pamukkale kry sy naam van die gebruik om hier die wol te was en dan te kleur.