SAKALOSSES

SAKALOSSES

 

Die stad Sakalosses is hoog op teen ‘n berghang gebou.  Terwyl ons in ‘n karootipe landskap die berg opry wonder ons onwillekeurig – waarom hier van alle plekke.

 

Die eerste teken van beskawing dateer van 10 000 VC met ‘n nedersetting reeds 6 500 VC en daar is bewyse van landbou doer onder in die vallei 4 000 VC.  Die stad het ontstaan net na die brondtydperk en tydens die latere Persiese ryk.  Met Alexander die Grote se invalle 333 VC het Sakalosses ‘n Griekse stadstaad geword.

 

Tydens die Romense Keiser Hadrian (3de eeu NC) se bewind was hierdie die “first city of the province Pisidia”.  Dit was gedurende die sogenaamde “Golden Age”.  Waarom was almal oor die eeue heen so in vervoering oor hierdie stad daar doer bo tussen die klippe?

 

Sakalosses is geleë teen die Taurusberge op kalksteen formasies met klei net onder dit.  Die kalksteen is poreus en laat die water deur na die klei lae.  Gevolglik is daar waterfonteine oral in die stad.  Die klei is gebruik vir bakstene maar ook keramiekware en teels.  Omdat Sakalosses so hoog teen die berg (1450m – 1600m) gebou was, was dit in die antieke tye maklik om te verdedig.  Vandag is die stad bekend vir sy amfiteater, biblioteek, maar veral sy publieke area, die agora, met sy waterfonteine en standbeelde-alles uit marmer.

 

In die tyd van Keiser Augustus en Keiser Hadrian moes die stad ‘n indrukwekkende plek gewees het met sy marmer, mosaiek en water effekte.  In die 4de eeu NC het die stad ‘n Christelike stad geword en is verskeie nuwe geboue en kerke gebou.  Na die 6de eeu het die stad geleidelik onder aardbewings en ‘n plaag verval en finaal verdwyn in die 12de eeu na invalle van die Seljuk Turke.