SMOUSE IN ISTANBOEL

SMOUSE IN ISTANBUL

 

Ons beplan ons leerbaadjie aankope in detail.  Eers gaan ons na die “Grandbasaar” en kry ‘n gevoel van die heersende pryse en vra dan wil ons sommer ook uitvind hoe mens kunsleer van regte leer onderskei – ons leefase.  Ek het 2 stukkies “egte” leer in my sak wat ek dan met die nuwe baadjie s’n wil vergelyk.  Ons het reeds die winkel waar ons uiteindleik wil koop geindentifiseer, net buite die “Grandbasaar”.  Die kinders sal dan eerste beding en ek sal later kom met ‘n finale aanslag  – so maklik.

 

Ons strategie begin sommer dadelik verkeerd.  Eerstens sluit die basaar binne ‘n halfuur nadat ons daar aankom., tweedens kan ek nie die 2 stukkies leer vind nie, en derdens vind ons nie die area in die basaar waar die leerhandelaars bedrywig is nie.

 

Die antwoord is natuurlik om te vra waar is die leerhandelaars, maar ons moet iemand vra wat nie ‘n smous is nie anders is daar nog ‘n middelman.  Ek kies ‘n kelner in ‘n restaurant en vra hom – verkeerd gedink.  Hy bel sy neef en daar volg ons hom gedweë na ‘n opskure winkeltjie in die basaar en begin ons baadjies aanpas.

 

Siende dat ons stategie uitgewerk is verdeel ons ons kragte en kry pryse by 2 aangrensende leerwinkels.

 

Die mark begin stil word en smouse begin hul stalletjies toemaak.  Met die bietjie kennis wat ons opgedoen het soek ons die teinken winkeltjie buite die grand basaar maar die het verdwyn.  By ‘n ander leerwinkel vergeet ons ons strategie en begin die dogters pryse vasmaak.  Ek weier om te betaal.  Die winkeleienaar gebruik sy kwaadword tegniek en die kinders voel skuldig – (3 baadjies vir ‘n spesiale prys – “’n bargain maar ons moet nou koop”.  Die gemoedere loop hoog – die winkel wil sluit en ons loop uit.  Soos ons uitstap val die pryse van belaglik duur tot baie duur.  Buite soek ons weereens ons teiken winkel maar tevergeefs.  Die vorige smous vind ons en laat sy pryse nog verder daal.  Ons koop uiteindelik leerbaadjies teen ‘n redelike prys maar nie ‘n bargain nie … want môre vlieg ons.  Tanye en Liezl bly nog 2 dae langer in Istanbul en Tanye koop ‘n leerbaadjie vir ‘n bargain.  Ons is maar net nie opgewasse vir die onderhandelingstegnieke van die meesters nie en is boonop te ongeduldig.  Maar so leer ons!  Gelukkig is die leerbaadjies steeds baie goekoper in Suid Afrikaanse terme.

 

1 thought on “SMOUSE IN ISTANBOEL

Comments are closed.