ONS TOER DEUR AFRIKA IN 2010       

 

Ons toer begin by Louis Trichardt en eindig 3½ maande later in Duitsland waar ons ons Afrikamotor – Timbuktu by Murg in ‘n boer se plaasskuur stoor vir ‘n jaar. Ons toer saam met georganiseerde groep. Vir ons toerleier Dave was hierdie toer deur Wes Afrika ‘n eerste. Swak vooraf beplanning was daarvoor verantwoordelik dat ons verniet tot by die Kongoriviermond gery het nadat Viv ons in Luanda gewaarsku het dat ons nie daar oor die grens sou kon gaan nie. ‘n Tweede probleem is dat niemand van ons groep frans kan praat nie. Dave is ‘n goeie kok en het die aandetes en ontbyte gemaak wat vir ons nogal baie vrye tyd gegee het. By Tsumeb koop ons ‘n vrag vleis maar so taai dat al die steaks in die drukkoker gaar gemaak moes word. Op die grense het ons lekker in ons lugverkoelde motors gesit terwyl Dave die baie red tape hanteer het en die beamptes moes charm. Slegs wanneer alles uitgesorteer is het ons elkeen  ‘n beurt gekry om die vorms te teken.

Ons groep, bestaande uit 5 egpare en Dave, het mekaar nie vooraf geken nie wat die trip nogal moeilik gemaak het by tye. Eers toe ons die groep reeds verlaat het, in Morokko, het die ‘bom’ gebars. Ons het gou besef dat ons sou moes kies tussen fotos neem en voëlkyk. Eintlik was die keuse maklik aangesien die voëls baie menssku was aangesien hulle heeltyd gejag word. Die klem op hierdie toer was ongelukkig om dit te voltooi en nie baie af te wyk van die roete nie. Tog was die toer fasinerend veral die plaaslike mense aangesien hulle nie gewoond was aan toeriste nie. Wild was maar skaars en was soms as kos te koop langs die pad. Ons het in 2 maande geen ander ‘overlanders’ soos onsself gesien het nie. Hier volg die 7 nuusbriewe wat ons huistoe gestuur het

Ons toer vanaf Pretoria deur Botswana, Namibie en Angola. Lees meer in ons eerste brief: Angola, Brief 1

Ons toer deur Angola en DRC. Lees meer in ons tweede brief: DRC, Brief 2

Ons toer deur Brazzaville Kongo, Gaboen en Cameroen: Gaboen,Brief 3

Ons toer deur die noorde van Cameroen, Nigerië en Niger: Nigerië, Brief 4

Ons toer deur Niger en Mali:Brief 5

Ons toer deur Mali, Mauritanië en Suid Morokko: Mauritanië, Brief 6

Ons toer deur Morokko: Morokko, Brief 7