ONS TOER DEUR MADAGASKAR IN 2012

Ons toer vir meer as 9 weke deur Madagaskar. Ons vlieg na Tana (Tananarivo die hoofstad van Madagaskar) met ons gewone bagasie plus twee fietse plus kampgoed plus ‘n fietsrak. Hoe ons dit alles wettiglik daar gekry het is ‘n wonder. Stoele koop ons in Tana.

Ons stoor ons orige bagasie by ons hotel en vlieg na die Masoala Nasionale Park (tropiese woude langs die see) aan die noordooskus. Hier bly ons vier dae by ‘n bos ‘lodge’ en verken die woude saam met Josef ons gids.

Terug in Tana huur ons ‘n Datsun Patrol met drywer Jean en reis vir sewe weke na suidelike hooglande en daarna na die suidooste (droë Spinywoude- omgewing van Tolara) en na die suidweste (hoë reënval Savanna-omgewing van Toalagnaro oftewel Fort Dauphin). Ons beleef ook ‘n dramatiese treinrit vanaf Manakara na Fianarantsoa.

Jana sluit by ons aan by Tana en ons besoek Mahajanga en ‘n luukse ‘lodge’ in die noordooste met Jean steeds ons drywer .

Die laaste week en ‘n half sluit Tanye en Liezl ook by ons aan en vaar ons stroomaf op die Tsiribihinarivier in enorme makoros.  Ons besoek die Tjingy en die ‘Avenue de boabab’ naby Morondava in die ooste

Ons het weereens in 2012 ‘n paar briewe oor ons toer geskryf:

Eerste nuusbrief: Masoala en die hooglande

Tweede nuusbrief: Die droë suideweste  en die nat ooste

Die Treinrit vanaf Manakana op tot by Fianarantsoa: Treinrit

Oos Madagaskar saam met ons kinder: Brief 3