ONS TOER DEUR TURKYE EN SEIL IN DIE ADRIATIESE SEE

Die beeld wat baie toeriste van Turkye het is dat Turkye bestaan slegs uit Istanbul met sy mengsel van Oosterse en  Westerse kulture, die suidooskus (Adriaanse see) met sy strande en seilbote en moontlik Kappadocië met sy lugbalonne.  Tog bied Turkye baie meer.

Ons besoek Turkye in 2014 en vind die oostekant van die land ‘n skatkis van kulture, natuur en mense, met baie min toeriste anders as die Turke en hul expatriote.  Hier volg ‘n paar hoogtgepunte:

‘White water rafting’ in die Firtimarivier

Die FATIMARIVIER  ontspring in die hoë Kackarberge en mond uit in die Swartsee naby die Georgië grens.  Die Swartsee hier is leweloos en oninterressant maar die berge langsaan is ‘n ander storie.  Diep bebosde valleie strek diep die binneland in na hooglande met bergplasies wat in die winter verlate en toe is onder sneeu. Die Firtimarivier kronkel sy pad op tot bo in die Kackarberge met sy permanente sneeu. Dis hier in die Fatimavallei waar ons die oulike OTEL DOMAN   ontdek, ingedruk tussen die pad en die rivier. Idris Doman, nou 80 jaar oud, het hier opgegroei en het uit niks hierdie hotel geskep.(Lees: Otel Doman)

Oorkant die berg is dit woestyn met rou kleurvolle berge en groot riviere omlyn deur groen bome en landerye.  Hier in die dorp Yosifelli is  “White Water Rafting” groot besigheid.

Yosifelli

Verder oos naby die berg Ararat besoek ons die antieke stad ANI waarvan slegs ‘n paar kerke en ‘n stuk muur oor is.  Ons sit langs die diep vallei tussen Ani en Armenië en visualiseer die stad soos dit 13 eeue gelede moes gelyk het. (Lees: Ani)

ARARAT  lyk soos ‘n koppie met ‘n wit kop maar in werklikheid is dit ‘n magtige vulkaniese berg5200m hoog met permanente ysvelde bo.  Oorkant Ararat hoog op teen die berge is daar ‘n verlatemuseum en wys die bewaarder ons teen ‘n fooitjie waar die ark gevind is.  Ons sien soortvan die buitelyne so groot soos ‘n rugbyveld maar wonder hoekom die regering nooit toegelaat het dat die ark behoorlik nagevors word nie.  Sou hulle moontlik nie ‘n goeie storie wou bederf nie?  Daar is wel seefossiele langs die ark gevind.

Koning Antioches het in die jaar ………. vir homself ‘n grafkelder laat bou.  Hy soek toe die hoogsteberg uit MOUNT NEMROD DAGI (2500m) en plaas nog 75m los klippe bo-op om dit nog hoër temaak.  Weerskante bou hy ‘n monument met groot beelde van homself saam  met van die Griekse gode soos Kommagene, Zeus, Apollo en Hercules asook van die arend, bewaker van die lug en die leeu, bewaker van die land. Hy skut ook hand met Herculus.  Ons is vandag dankbaar dat hy homself verhef het  tot die gode en Nimrod Dagi daar gestel he vir ons om te geniet.  Dis nogal ‘n klim om bo te kom.

 

KAPPADOCIË  is ‘n rotsagtige gebied  in die sentrale gedeelte van Turkye gevorm deur basaltlae (vulkaniese uitstortings) oor die eeue en bekend vir sy besondere kleurvolle rotsuile. Baie hotelle het kamers uit die rots gekap wat baie gesogte blyplekke is. Goreme is ‘n dorpie  tussen rotskoppe en suile en veral bekend vir sy lugbalonne wat soggens oor die dorpie dryf.  ‘n Belewenis om wakker te word met lugbalonne oral om jou. (Lees: Goreme uit die lug)

Een middag stap ons ‘n droë vallei op en word verras (Lees: Rosevalley )

In Kappadocië is daar verskeie ondergrondse dorpe uitgekap uit die rots wat gebruik is as skuilplek tydens die talle vyandige invalle wat hulle in die 1ste eeu beleef het.  Hierdie woonplekke istot 8 vlakke ondergronds. Daar is bo en behalwe woonkwartiere ook  graanstore, perdestalle, wynkelders en tempels uit die tufa gekap. Hierdie vertekke was gekonsentreer langs die waterputte en lugskagte. Die invallers het nooit besef die putte wat oral te sien was, was in werklikheid lugskagte vir die mense onder

 

SAKALOSSES  hoog op teen die hange beindruk ons, maar eers nadat ons gedink het ons het die pad beister geraak, want voor ons lyk dit nie asof daar ‘n antieke stad kan wees nie (Lees: Sakalosses)

 Ons besoek die reuines van HIERAPOLIS  (Lees: Hierapolis) en EFESE  (Lees: Efese)

asdfghj
sdfghjk

 

By BODRUM ontmoet ons familie en vriende en begin ‘n seilavontuur vanaf Turgutreis.  Bodrum is ‘n indrukwekkende stad met ‘n baie prominente kasteel wat op ‘n tyd beskou is as een van die sewe wonders van daai tyd.  Vandag is dit ‘n museum.  Een van die uitstallings toon die inhoud van die grafkelder ‘n prinses van Canan wat 350jaar gelede geleef het.  Dit blyk dat hierdie grafkelder uniek is aangesien dit nie deur die eeue geplunder is nie.  Destyds het hierdie prinses Alexander die Grote verwelkom tot onsteltenis van haar stadsgenote.  Alexander het haar aangestel as die heerser van die stad  Bodrum.  Toe sy jare later dood is het haar stadsgenote haar terug gekry deur haar te begrawe in ‘n verseëlde kis sodat sy nie in ‘n volgende lewe sou kon opstaan nie.  Haar skatte is ook in haar grafkelder gesit maar die graf is nie gemerk nie. So het dit gebeur dat die grafkelder eers baie onlangs ontdek is.  Die inhoud van die kis het bestaan uit haar beendere en die van ‘n muis.

Op die eerste Catamaran bly Johan, Marianne, Tanye, Liezl en Jana Ver Loren Van Themaat, Jacques Strydom, Ernst en Ida Hartwig en Hendrik en Ria Ver Loren Van Themaat. Op die tweede Catamaran bly Danie en Esme Maritz, Louis en Petro Erasmus en Hardus en Carina Erasmus.

Ons seil 2 weke na Fetheye en slaap soms in klein dorpies op anker, koop ons kos in die markte en maak kos op die boot.  Ander tye gooi ons anker in stil romantiese baatjies en verken die omgewing.  In van die groter dorpe anker ons op die kaai, verken die dorpie en eet saans in een van die talle restaurant, meestal vis.  Soms besoek smouse ons waar ons geanker lê (Sien: Smouse van Turkye)

Ons ry met klein bootjies op met die Dalyan rivier na die reunes van Kaunos en die Lycion grafkelders teen die kranse.

By Oludeniz paraglide ons van die bergtop in tandem, elkeen met ’n instrukteer, tot by die strand ver onder.  Ons begin so hoog dat ons die baaitjies, waar ons boot lê, skaars kan uitken   Wat ‘n belewenis (Lees: Paragliding in Oludeniz)

 

Jana

Alle besoeke aan Turkye sluit in ISTANBUL met sy kulture, smake en geure.  Die bekendes soos die  Blou moskee, die Topkapi paleis, die Galatabrug en die restaurante langs die Bosphorus word besoek.  By die Grand basaar probeer ons beding (bargain) maar kom tweede.  (Lees: Smouse in Istanbul) Een aand eet ons op die Kumkapi plein, daag hopeloos te vroeg op en word deur elke restaurantbaas in detail vertel hoekom sy restaurant presies reg is vir ons.  Geleidelik raak die plein voller totdat dit laataand in ‘n gesellige chaos ontaard.  Ons kyk mense en honde en katte en geniet die vibe. (Lees: Honde en katte van Turkye)

 

wertyuiop[
wertyuio