BLOG 22: SÃO PAULO EN DIE PANTANAL (4de van Suid Amerika

Neotropic Cormorant in die Pantanal

BLOG 22: SÃO PAULO EN PANTANAL (4de van Suid Amerika 2019)

Ons het nie baie van São Paulo gesien nie maar darem genoeg om te sien dat ‘n stad van 20 miljoen mense kan werk. Ons eerste dag gebruik ons om onsself in te rig vir ons toer van 52 dae deur Brasilië. Ons huur ‘n Renault Duster vir die reis. Ons soek kamptoerusting en beleef hoe die inwoners leef. Hulle is uitgaande en vriendelike individualiste, wat bereid was om ons te help maar die taal was ‘n probleem. Die Brasiliane praat nie Engels nie en selfs nie Spaans nie, net Portugees en verstaan ook nie gebare taal nie. Vir hulle is Brasilië al land wat tel. Daar was wel ‘n uitsondering, waar die winkeleienaar ons in engels verduidelik het hoe om by ‘n Wallmart uit te kom, waar ons meeste kampgoed en kos kon koop, maar nie gas vir ons stofie nie. Nadat ons by meer as 15 winkels vir “camping gas cylinders” gevra het met innoverende gebare en sketse en selfs ‘n uber rit het ons maar ons soektog opgegee. Almal probeeer help maar niemand verstaan presies wat ons soek nie.

Marianne by straatkuns in São Paulo

 

 

Die Baco do Batman-gebied met sy eksentrieke inwoners

 

Poseer vir ‘n foto in die Baco do Batman-gebied

 

‘n Kerkgroep sing in die Baco do Batman-gebied

Die tweede dag ry ons reg deur die stad op pad na Bonito. Ons stop by die Baco do Batman-gebied bekend vir sy straatkuns en interessante mense in São Paulo, baie van hulle maar ‘weird’. Wat dit vir ons nogal lekker maak is dat die mense so gewoond is aan toeriste wat fotos neem dat hulle heel normaal met hul lewe aangaan. Ons spandeer amper 4 ure daar en geniet onsself gate uit.

Die bestuur is hier ‘n uitdaging met baie verkeer. Meeste paaie in die stad is eenrigting met tot drie  4-laan ‘padbane’ langs mekaar!..12 bane in een rigting alleen! Om af te draai moet ons vroegtydig van ‘padbaan’  verander. Dit neem ongeveer ‘n kilometre om van die binneste ‘padbaan’ na die buitenste ‘padbaan’ te vorder waar meeste afdraaie is. Party keer is die afdraai van die middelste- of selfs die binnenste ‘padbaan’ wat dan met ‘n brug oor die ander ‘padbane’ afdraai! Dit klink chaoties maar werk baie goed vir die wat weet en laat die verkeer goed vloei. ‘n Tipiese gesprek: “Johan die GPS wys ons draai wes vanaf die middelste padlaan”.  Gevolglik sorg ons dat ons in die middelste ‘padbaan’ kom. Maar dan is daar ‘n brug en ruil die ‘padbane plekke en word die middelste padbaan die buitenste ene  en sien ons hoe die ‘padbaan’ langs ons wes draai oor die rivier en weg! Dit vat ons ‘n halfuur en 8 km se ry om weer die ‘fout?’ reg te stel. Dit help ook nie om te kyk vir die padaanwysings nie want ons herken nie die name nie en daar is in elk geval nie tyd om te soek nie…hou net aan met ry en moet nie stop nie..dit is ‘n gegewe! Heelwaarskynlik is die name maar voorstede van São Paulo.

São Paulo

Hierdie sisteem werk goed as jy die paaie ken aangesien die padbaan aan die binnekant vrylik kan vloei. Dit is nogal ‘n gesig om 12 bane voertuie te sien wat gemaklik vloei.Ons slaap die eerste aand op ‘n skiereiland in die middle van ‘n dam. Hierdie is duidelik ‘n gewilde visvangplek sowat 200 km wes van São Paulo. Die enigste ander kampeerder is ‘n tandarts, in sy laat vyftigers, wat gevoel  het dat hy het uitgemis op die sixties.. die Woodstock-era. Nou speel hy drom tussen sy vuil wasgoed en eetgery en chill net…ja, nogals ‘n karakter.

Op pad na die Pantanal in die weste bly ons ‘n paar dae oor by Bonito, bekend vir sy helder bergwater met visse en vir sy grotte. Die visse was minder indrukwekkend aangesien daar net een spesie was en die sig skaars 2m. Tog is die visse groot en kleurvol is dit lekker om deur hulle te swem. Die grotte is nie naastenby so indrukwekkend as ons eie Kangogrotte nie, maar die water onder is ‘n pragtige azul (blou).

Ons  slaap by Posada Peralta wat baie voëls na hul voerbakke lok, veral die groot ‘Red and Green Macaws’ en die kleurvolle ‘Peach-fronted Parakeet’. Hier is baie voëls met harde roepe wat ons voor sonop wakker maak.

By die Posada do Peralta

 

Peach-fronted Parakeet

 

Red and Green Macaws
Blue grotto in Bonito

 

Saans besoek hierdie Miervreter ons in die kamp

 

Peach-Collared Parakeets

Ek kry kans om ‘n fiets te huur en verken vir ‘n middag en die volgende  oggend die omgewing. Vivian en Hanlie sluit by ons aan by Posada Peralta in Skillie hul Land Rover.

Saam ry ons na die suidelike Pantanal. Die Pantanal is ‘n vleiland wat in die somer 85% onder water is en so groot is soos Engeland. In die winter wanneer die water gesak het kan gedeeltes per voertuig bereik word. Die paaie is smal opgeboude grondpaaie met eenvoudige houtbrûe elke paar honderd meter wat soms nie die somer oorleef nie. Hier moet die boere hul huise op ‘n ‘eiland’ of op pale bou. In die nat seisoen kan hul slegs per perd of soms per boot by hul huise kom.

Een van baie houtbrue in die suidelike Pantanal

 

Ringed-neck Kingfisher

By hierdie brûe is daar meestal oop water weerskante en sien ons baie voëls, aligators en soms ‘n capibara. Laasgenoemde is famielie van die rot en kan tot 60 kg weeg.  By die Paragauyrivier kruis ons die rivier met ‘n veerboot. Ons slaap langs ‘n rivier by Estancia Santa Clara. Ben, die ‘black aligator’ lê onder ‘n houtbankie by ons kampplek en slaap. Hy kry egter vining lewe toe die opsigter ‘n lewendige vis voor hom gooi. Vir ‘n hele ruk hou hy die vis in sy bek voordat hy hom heel insluk. Gou vergeet ons van Ben en hy van ons.

Die ‘Black Aligator’ by ons kampplek

 

Buff-necked bis

Ons volgende bestemming is Corumba wat op die Bolivia-grens is. Dit is hier  waar ons die voertuie op ‘n barge, wat eintlik vir beeste gebou is, gaan laai. Op pad by die Paragauyrivier kruis ons die rivier met ‘n veerboot. In Corumba op die hawe is dit nogal moeilik om ons boot te vind en ‘n nog groter proses om die voertuie op die barge te kry. Die barge word voor ‘n ‘Tugboot’ vasgemaak en so begin ‘n avontuur van 49 uur. Ons vaar stroom-op op die Paragauyrivier vanaf die suid Pantanal na ‘n nedersetting Porto Jofre in midde Pantanal.

Ek en Marianne gee een kyk na die vuil kajuit waar ons saam met ander passasiers moet slaap op vuil matrasse en besluit om vir ons ‘n bed te maak tussen die twee voertuie. Eers twee matrasse met dan ‘n plastiese seil daaroor en dan ons eie skadunet grondseil oor alles…eers dan ons eie matrassies. Viv en Hanlie kon sommer in hul Landi slaap, ‘n reuse voordeel. Die ‘barge’ word gestoot deur die Tugboot en stop ‘n paar keer by nedersettings langs die rivier om kanne diesel of kos of sement af te laai. Soms is die huisies verlate en word die bestelling sommer op die stoep gelaat. Hierdie boere is bestaansboere en is vir groot gedeeltes van die jaar afgesluit van die beskawing. Soms klim ‘n passasiers by so ‘n nedersetting op en hang sy eie hangmat êrens op die boot op. Ons is bevoorreg want ons kry kos wat in die 2 vk meter kombuis voorberei word, net langs die enjin.  Ons eet waar ons ‘n plekkie kry soms sommer op ‘n drom. Die boot lawaai en ons sien min lewe op die kant. Tog is die woude fassinerend. Ons vaar stroomop en gevolglik naby die kant..soms nader as ‘n karlengte van die kant. Snags navigeer ons kaptein in die donkerte en skyn so nou en dan met ‘n spotlig. Hy ken die rivier! Die rivier kronkel aanhoudend en ek lê snags en kyk na Jupiter reg bo my, naby die sterrebeeld ‘die kreef’ en kyk hoe die kreef gedurig heen en weer draai, dan regop en dan onderstebo. Ons slaap goed ten spyte van die wind.

Viv, Hanlie en Johan by die motors op die Barge op die Paragauyrivier

 

Die Barge waarop ons voertuie gelaai is

Die tweede nag is daar steeds geen wolkie in die lug nie en gelukkig lyk reën onwaarskynlik maar dan  sien ons blitse ver weg, dan ‘n wolkie, dan die wind, dan ‘n paar druppels en gelukkig daarna weer skoon lug. Ons probeer om die seil waarop ons slaap gedeeltlik oor ons te kry. ‘n Uur later word ek wakker met nat voete. Nou reën dit hard! Marianne maak bed oor die voorste sitplekke van ons Renault Duster en ek probeer in die donker die res van my slaapsak red en so ‘n slaapplek maak…maar die reën vind nuwe gate … oral. Met sonsopkoms sit ek en Marianne regop voor in die Duster. Die vuil nat matrasse onder die seil en my nat slaapsak los ons net so totdat die reën later ophou. Hierdie is glo die droeë seisoen en almal wonder waar kom die reën en die koue vandaan?

Ons het êrens in die nag in die reën uit die Paragauyrivier in ander, groot rivier opgevaar, die Rio São Lorenco op pad na Porto Jofre. Ons bereik Porto Jofre die aand om 19h30. In die donker word ons voertuie op die modderwal afgelaai met behulp van ‘n paar planke. Na ‘n paar benoude oomblikke staan ons op nat land.. Viv kry self uitgery maar ek moet deur die bemanning gestoot word tot bo-op die wal.

Ons moet kampplek soek! Die hekwag by die hotel, langs die klein aanloopbaan ,dink hy sien ‘n spook toe ons voor hom stop…Hoe het ons daar gekom want die pad noord is onrybaar en ons motors is relatief skoon? Hier kom min voertuie op ‘n barge aan. Hulle laat nie kampeerders toe nie en hul kamers kos R2 500 per nag, maar is vol bespreek.  Ons iOverlander-app ly ons na die Jaquar kamp. Ons sien hoe Viv voor ons heen en weer gly  en amper in in ‘n sloot vasval. Met ons Duster, ‘n ligter voertuig en spoed kom ons net-net deur. Marianne langs my word baie benoud en neem ‘n rukkie om terug te kom na die werklikheid toe ek haar in die ry vra om die vooorruit te ontwasem. Die personeel by die kamp laat ons toe om ons tent op die lodge se stoep op te slaan en die badkamer van een van die luukse chalets te gebruik. Ons is net voor die groot toeriste toeloop. Hoe lank gaan ons hier moet bly voordat die pad uit en noord weer rybaar is?

Jaguarkamp by Porto Jofre

 

Marianne , Viv en Hanlie (en Johan) saam met Ailton op ‘n dagtrip soek na jaguars

 

Orals is Black Aligators 2 tot 3m lank

 

Green Iguana langs die rivier

Die volgende oggend skyn die son en gaan ons op ‘n daglange bootrit saam met Ailton, die eienaar, wat hier opgegroei het en vlot Engels praat. Sy kennis van die ekologie en omgewing beïndruk ons. Ons soek Jaquars! Hulle gebruik hier lang aluminium bote met sterk enjins wat goed onderhou word. Boonop almal 4 silinder, stil petrol enjins wat ekologies vriendelik is. Ons sien massas voëls, black-aligators, capybaras en selfs groot rivierotters wat visvang en hul kleintjies voer…. ‘n belewenis. Ons sien ook reuse Jaribu’s, die swaarste vlieënde voël in Suid Amerika, sterretjies, skimmers en ‘n iguana.

‘Giant River Otter’ wat voor ons ‘n vis vang en terwyl hy dit eet vang ‘n Cocoi reier naby hom nog ‘n vis.

 

“n Cocoi Heron wat so pas ‘n vis gevang het

 

Die baba ‘Giant River Otters’ word gevoer met ‘n ‘knife fish’

 

Jaribu (ooievaar)

 

Black Skimmers

 

Large billed terns (groot) en Yellow-billed terns

 

Rufescent Tiger Heron

 

Uiteindelik sien ons ‘n jaguar , maar net vir ‘n oomblik

 

Capybaras wat tesame met die Black Aligatos die Jaguars se hoof voedingsbron is

Die jaguar bly ons ontwyk maar met uiterste toewyding vind Ailton een net voor sonsondergang, maar die sig was maar kort en vining. Tot Viv se teleurstelling was ons net te laat om die jaguar beter te sien. Hierdie bootrit was een van die hoogtepunte van ons toer.

Die volgende dag ry ons noord. Die pad het met die sonskynweer genoeg uitgedroog dat ons redelik gemaklik kon ry. Die tekens van vassit en groot moddergate is orals te sien! Weereens ry ons oor baie houtbrûe en sien die oorvloed van diere en voëls, ooievare, aligators, capybaras en Roseate spoonbills.

Die pad is maar rof. Marianne voor Skillie, die Land Rover van Viv en Hanlie

 

Pragtige landskap langs die Trans Pantanal pad noord vanaf Porto Jofre

Ons slaap by Posada Santa Vitoria  waar ons vanaf ‘n spesiaal geboude hout toring (20m hoog) die kanale en woude kon besigtig. Hierdie Posada is langs die Trans Pantanal Estrada. Noord van hier begin die plase.

Ring-tailed Coati

 

‘n Reuse Witreier

 

Jaburu ooievaars paar

 

Langs die ‘Trans Pantanal Estrada’ waar die plase begin

Ons verstaan nou hoekom die Pantanal so ‘n besondere bestemming is met boonop ‘n redelike kans om jaguars te sien

Groete van Johan en Marianne