BLOG

BLOG 22: SÃO PAULO EN DIE PANTANAL (4de van Suid Amerika

BLOG 22: SÃO PAULO EN PANTANAL (4de van Suid Amerika 2019) Ons het nie baie van São Paulo gesien nie maar darem genoeg om te sien dat ‘n stad van 20 miljoen mense kan werk. Ons eerste dag gebruik ons om onsself in te rig vir ons toer van 52 dae deur Brasilië. Ons huur ‘n Renault Duster vir die reis. Ons soek kamptoerusting en beleef hoe die inwoners leef. Hulle is uitgaande en vriendelike individualiste, wat bereid was om ons te help maar die taal was ‘n probleem. Die Brasiliane praat nie Engels nie en selfs nie Spaans nie, net Portugees en verstaan ook nie gebare taal nie. Vir hulle is Brasilië al land wat tel. Daar was wel ‘n uitsondering, waar die winkeleienaar ons in engels verduidelik het hoe om by ‘n Wallmart uit te kom, waar ons meeste kampgoed en kos kon koop, maar nie gas vir ons stofie nie. Nadat ons … Lees meer hieroor…

BLOG 21: AMASONE (3de blog van Suid Amerika 2019)

AMASONE IN PERU Om 04h30 die oggend word ons by ons hostel in Cusco opgetel deur Angel van Manu Rainforest Expeditions Peru. Ons is oppad na die Manu Nasionale Park in die ooste van Peru. Hierdie park strek van die pieke van die Andesberge tot onder in die Amasone. Seker 95% van die park is ongerepte tropiese woude met verskeie stamme wat nog geen kontak gehad het met die beskawing nie.  Boonop is hierdie die park met die grootste verskeidenheid plante, diere en voëls (1050 spesies voëls) in die wereld. Vir die volgende sewe ure ry ons kronkelpaaie, soveel so dat ons nek-, maag- en rugspiere die volgende dag die oefening gevoel het. Die eerste twee ure ry ons op teerpad deur die Andes hooglande totdat die teerpad ophou en ons op ‘n ompad geneem word. Die probleem is dat die ompad ‘n nuutgeskraapte pas is met afgronde tot by ‘n dorpie ver onder in … Lees meer hieroor…

BLOG 20 (2de van Suid Amerika 2019)

COLCAS CANYON, TITICACAMEER EN DIE REËNBOOGBERGE IN PERU Met ‘n gehuurde Toyota RAV pak ons die tog aan na Arequipa, die 2de grootste stad in Peru. Arequipa is omring deur berge waarvan die vulkaan El Misti (5900m) nog aktief is en Chachani (6100m) steeds ‘n sneeubedekking het. Die stad staan bekend as die wit stad met sy indrukwekkende plein en wit geboue.   Een hele 2 hektaar blok word beslaan deur “Monesterio de Santa Catarina” vir nonne en bestaan reeds sedert 1580. Hoe die senior nonne hier  gebly het word in detail uitgebeeld. Elkeen het haar eie persoonlikheid tot haar blyplek gevoeg waar sy in afsondering kon bid, slaap en kos maak. Die klooster was soos ‘n dorpie met sy eie nou straatjies, kapelle, parke en pleine met fonteine en beelde. Dit alles agter ‘n hoë muur.       Die hoogtepunt van ons besoek aan Arequipa was die museum waar die 14-jarige Juanita, die … Lees meer hieroor…

BLOG 19 (1ste van Suid Amerika 2019) CUSCO EN MACHU PICCHU

PERU: CUSCO EN MACHU PICCHU MEI 2019 Ons onderbreek ons vlug na Cusco vir ‘n kort besoek aan Lima, hoofstad van Peru. Ons bly in ‘Hostel Flying Dogs’ oorkant die Kennedy park in Miraflores. Hierdie park wemel van katte, wat hier ‘n veilige heenkome vind en hulle min steur aan al die aandag van die mense. Die park is netjies versorg en baie skoon. Waar ons gestap het tot by die toeriste hotelle op die kus van die Stille Oseaan was daar nie ‘n enkele papier wat rondlê nie. Daar heers ‘n kultuur van netheid! Later blyk dit tog dat van die ander gebiede in Lima maar vuil is met ook heelwat slums teen die koppe en oorkant die rivier.         Lima is ‘n baie groot stad van 10 miljoen mense, met 16 distrikte wat elkeen hulself bestuur met hul eie dienste en polisie. Lima wat in 1550 die belangrikste stad in … Lees meer hieroor…

SKEDELKUS KUNENERIVIER April 2019

         SKEDELKUS  –  KUNENE TOERX 2019   Gedurende April vanjaar toer  ons saam met vriende langs die Skedelkus  in die Namib woestyn…Wat ‘n voorreg om hierdie verlate en onherbergsame, wilde kusgebied te leer ken. Ons ry in ons eie 4×4 as deel van ‘n konfooi van 12 goed toegeruste viertrek voertuie. Ons leer hoe maklik die natuur hier kan vat wanneer jy hom onderskat, maar sy skoonheid met jou sal deel as jy hom respekteer. Ons ry verby skeepswrakke waarvan die ‘Dunn Eden’, wat in die 2de wêreld oorlog gestrand het die bekendste is.   Aangesien die Skedelkus van Noord Namibië ‘n bewarings- en konsessie gebied is, kan slegs ‘n paar bevoorregtes hierdie gebied elke jaar besoek en dan slegs as deel van die konsessiehouer se toere. Die owerhede hou spesifiek getalle laag aangesien hierdie kusgebied baie sensitief is teen oorgebruik. Bertus en Esmé van Zyl het ons genooi om saam die Namib, … Lees meer hieroor…