BLOG

EFESE

EFESE dateer vanaf 3000 v C bekend as Aspasa die hoofstad van die Arzwa koningkryk. In 700 v C is die tempel van Armenis gebou.  Die stad is in 500 v C verwoes en weer herbou. Die dissipel Johannes het lank hier gebly (42 n C tot aan die einde van die eeu) en het hier die Evangelie van Johannes asook die briewe geskryf.  Destyds het die inwoners vir Armenis aanbid en is die Christene vervolg. In die straat is ‘n geheime teken in die marmer uitgekap waar die Christene gewoon het. So kon die Christene mekaar vind want net die Christene het geweet wat die teken beteken. Efese was in die tyd ‘n belangrike hawestad.  Vanaf die hawe loop Harbour Street tot by die teater bo teen die berg. Oor die jare het die see ver teruggetrek en is Efese vandag ver van die see.  Die biblioteek is waarskynlik vandag die mees indrukwekkende gebou aangesien die aansig … Lees meer hieroor…

OTEL DOGA IN DIE KACKARBERGE

OTEL DOGA IN DIE KACKARBERGE   In ‘n klein dorpie hoog bo in die voetheuwels van die Kackarberge is Idris Duman gebore so 7 jaar voor die groot oorlog.  Die dorpie is maar afgelëe en in die winter afgesny van die dorpe nader aan die Swartsee vanweë die sneeu.  In die winter is dit koud, baie koud in hul kliphuise.  Die wind waai vanaf die Swartsee in die valley op en bring baie reën in die somer. Soms is hulle dan ook vir dae afgesny as gevolg van die vol riviere.  Die onderwys hier in die diep berge was maar skraps hoofsaaklik as gevolg van die oorlog en toe hy 12 jaar oud was stuur sy ouers hom na Ankara om daar skool te gaan.  Hy was ‘n goeie student en gevolglik stuur hulle hom na Parys waar hy later sy studies as Ingenieur voltooi.  Hy toer 2 jaar deur Australië en werk as Ingenieur … Lees meer hieroor…

TOER PER FIETS IN TIBET

TOER PER FIETS NA EVEREST BASISKAMP Johan en Marianne ver Loren van Themaat toer in Tibet in Junie 2013 Ons vlieg na Lhasa, die voormalige hoofstad van Tibet, dit is voordat die Chinese Tibet geannekseer het. In Lhasa akklimatiseer ons vir drie dae om gewoond te raak aan die hoogte (3700m bo seespieël). Ons besoek onder andere die Topkapipaleis waar die Dalai Lama voorheen geregeer het. Die volgende 15 dae ry ons per fiets tot by Everest se basiskamp aan die Tibet kant (5200m bo seespieël) en vandaar na Kathmandu in Nepal. Ons het ons ou fietse vanaf Suid Afrika saamgebring vir hierdie rit en die fietse in Katmandu weer verkoop. ‘n Nepalese toergroep het die toer vir die agt van ons gereel. Die ondersteuningspan het bestaan uit die Nepalese toerleier en gids, wat soms saam fiets gery het, die hulpgids, die Tibetaanse organiseerder, die twee Tibetaanse drywers (een vir die trok met die kampgoed … Lees meer hieroor…