KUNENERIVIER April 2019

         SKEDELKUS  –  KUNENE TOERX 2019   Gedurende April vanjaar toer  ons saam met vriende langs die Skedelkus  in die Namib woestyn…Wat ‘n voorreg om hierdie verlate en onherbergsame, wilde kusgebied te leer ken. Ons ry in ons eie 4×4 as deel van ‘n konfooi van 12 goed toegeruste viertrek voertuie. Ons leer hoe maklik die natuur hier kan vat wanneer jy hom onderskat, maar sy skoonheid met jou sal deel as jy hom respekteer. Ons ry verby skeepswrakke waarvan die Dunn Eden wat in die 2de wêreld oorlog gestrand het die bekendste.   Aangesien die Skedelkus van Noord Namibië ‘n bewarings- en konsessie gebied is, kan slegs ‘n paar bevoorregtes hierdie gebied elke jaar besoek en dan slegs as deel van die konsessiehouer se toere. Die owerhede hou spesifiek getalle laag aangesien hierdie kusgebied baie sensitief is. Bertus en Esmé van Zyl het ons genooi om saam die Namib, noord van Swakopmund … Lees meer hieroor…

ONS TOER DEUR MADAGASKAR IN 2012

Ons toer vir meer as 9 weke deur Madagaskar. Ons vlieg na Tana (Tananarivo die hoofstad van Madagaskar) met ons gewone bagasie plus twee fietse plus kampgoed plus ‘n fietsrak. Hoe ons dit alles wettiglik daar gekry het is ‘n wonder. Stoele koop ons in Tana. Ons stoor ons orige bagasie by ons hotel en vlieg na die Masoala Nasionale Park (tropiese woude langs die see) aan die noordooskus. Hier bly ons vier dae by ‘n bos ‘lodge’ en verken die woude saam met Josef ons gids. Terug in Tana huur ons ‘n Datsun Patrol met drywer Jean en reis vir sewe weke na suidelike hooglande en daarna na die suidooste (droë Spinywoude- omgewing van Tolara) en na die suidweste (hoë reënval Savanna-omgewing van Toalagnaro oftewel Fort Dauphin). Ons beleef ook ‘n dramatiese treinrit vanaf Manakara na Fianarantsoa. Jana sluit by ons aan by Tana en ons besoek Mahajanga en ‘n luukse ‘lodge’ in die … Lees meer hieroor…

ONS TOER DEUR AFRIKA IN 2010       

  Ons toer begin by Louis Trichardt en eindig 3½ maande later in Duitsland waar ons ons Afrikamotor – Timbuktu by Murg in ‘n boer se plaasskuur stoor vir ‘n jaar. Ons toer saam met georganiseerde groep. Vir ons toerleier Dave was hierdie toer deur Wes Afrika ‘n eerste. Swak vooraf beplanning was daarvoor verantwoordelik dat ons verniet tot by die Kongoriviermond gery het nadat Viv ons in Luanda gewaarsku het dat ons nie daar oor die grens sou kon gaan nie. ‘n Tweede probleem is dat niemand van ons groep frans kan praat nie. Dave is ‘n goeie kok en het die aandetes en ontbyte gemaak wat vir ons nogal baie vrye tyd gegee het. By Tsumeb koop ons ‘n vrag vleis maar so taai dat al die steaks in die drukkoker gaar gemaak moes word. Op die grense het ons lekker in ons lugverkoelde motors gesit terwyl Dave die baie red tape hanteer … Lees meer hieroor…

AFRIKA BRIEF 3

AFRIKA REIS : JOHAN & MARIANNE  (3)      –         19 JUNIE 2010 Laas toe ons geskryf het was ons in Kinshasa van die DRK (Demokratiese Republiek Kongo).  Op ‘n stadium ry ons verby die standbeeld van Laurent Kabila, die vorige president van die DRK en voel lus om ‘n foto te neem.  Gelukkig besluit ons daarteen, anders was ‘n verlengde verblyf onder minder gunstige toestande ons voorland. Hier is baie soldate en almal lyk “trigger happy”.  Ons word afgeraai om buite die hotel alleen te beweeg.  Amelia van ons ambassade het ons die volgende oggend na die veerboot begelei.  Chaos en 1½ uur later vertrek ons oor die Kongorivier na Brazzaville, hoofstad van Brazzaville Kongo.  Hier is die atmosfeer opmerklik makliker met minder soldate en polisie.  Brazzaville is ook maar vervalle, maar beter georganiseer as Kinshasa – bly in ‘n basiese, maar duur hotel met ‘n swembad en lugreëling. Ons rit na Gaboen word onderbreek deur … Lees meer hieroor…

MADAGASKAR TREINRIT

JOHAN & MARIANNE TOER DEUR MADAGASKAR – 2012 Die treinrit van Manakara to by Fianarantsoa (Fiana) Ons slaap in Manakara ‘n groterige dorp aan die ooskus van Madagaskar sowat 500km noord van Toalagnaro (Fort Dauphin) wat in die suidoostelike hoek van Madagaskar lê. Manakara is die administratiewe sentrum vir die area en is ‘n redelik skoon geordende dorp wat ‘n munisipaliteit het wat werk met teerpaaie asook water en elektrisiteit.  Die enigste opperasionele passasierstrein in Madagaskar ry van hier tot in Fianarantsoa, die groot stad sowat 100km wes van hier in die hooglande.  Die spoorlyn is deur die Franse gebou vanaf 1926 tot 1936, 163km lank en ry oor 67 brûe, deur 48 tonnels, waarvan die langste 1km lank is.  Omtrent 100 000 mense is afhanklik van die spoorlyn vir vervoer en handel en gevolglik stop die trein by 18 stasies.  Drie keer ‘n week ry die trein op tot by Fiana (Fianarantsoa) en drie … Lees meer hieroor…