ONS TOER DEUR MADAGASKAR IN 2012

Ons toer vir meer as 9 weke deur Madagaskar. Ons vlieg na Tana (Tananarivo die hoofstad van Madagaskar) met ons gewone bagasie plus twee fietse plus kampgoed plus ‘n fietsrak. Hoe ons dit alles wettiglik daar gekry het is ‘n wonder. Stoele koop ons in Tana. Ons stoor ons orige bagasie by ons hotel en vlieg na die Masoala Nasionale Park (tropiese woude langs die see) aan die noordooskus. Hier bly ons vier dae by ‘n bos ‘lodge’ en verken die woude saam met Josef ons gids. Terug in Tana huur ons ‘n Datsun Patrol met drywer Jean en reis vir sewe weke na suidelike hooglande en daarna na die suidooste (droë Spinywoude- omgewing van Tolara) en na die suidweste (hoë reënval Savanna-omgewing van Toalagnaro oftewel Fort Dauphin). Ons beleef ook ‘n dramatiese treinrit vanaf Manakara na Fianarantsoa. Jana sluit by ons aan by Tana en ons besoek Mahajanga en ‘n luukse ‘lodge’ in die … Lees meer hieroor…

MADAGASKAR TREINRIT

JOHAN & MARIANNE TOER DEUR MADAGASKAR – 2012 Die treinrit van Manakara to by Fianarantsoa (Fiana) Ons slaap in Manakara ‘n groterige dorp aan die ooskus van Madagaskar sowat 500km noord van Toalagnaro (Fort Dauphin) wat in die suidoostelike hoek van Madagaskar lê. Manakara is die administratiewe sentrum vir die area en is ‘n redelik skoon geordende dorp wat ‘n munisipaliteit het wat werk met teerpaaie asook water en elektrisiteit.  Die enigste opperasionele passasierstrein in Madagaskar ry van hier tot in Fianarantsoa, die groot stad sowat 100km wes van hier in die hooglande.  Die spoorlyn is deur die Franse gebou vanaf 1926 tot 1936, 163km lank en ry oor 67 brûe, deur 48 tonnels, waarvan die langste 1km lank is.  Omtrent 100 000 mense is afhanklik van die spoorlyn vir vervoer en handel en gevolglik stop die trein by 18 stasies.  Drie keer ‘n week ry die trein op tot by Fiana (Fianarantsoa) en drie … Lees meer hieroor…

MADAGASKAR NUUSBRIEF 3

JOHAN EN MARIANNE SE TOER VAN NEGE WEKE DEUR MADAGASKAR Nuusbrief  No 3. 18 Junie – 13 Julie 2012 Ons is in Manakara aan die ooskus van Madagaskar en ry per trein na Fianarantsoa (Fiana).  ‘n Rit van 163km oor 67 brûe en deur 48 tonnels.  Jean, ons motorbestuurder, ry die heelwat langer ompad om ons bo-op die hoogland by Fiana te ontmoet.  Die rit behoort 8 – 10 ure te duur, maar dit neem ons 24 uur.  ‘n Rit vol avontuur en drama (sien ons detail beskrywing: TREINRIT.) Ons reis in 2 dae na Tananarivo (Tana) waar ons weereens in die ou gerestaureerde 4 ster hotel Le Pavillon de l’Emyrne bly.  Die hotel is persoonlik en pragtig met antieke meubels en skilderye.  Dis lekker om so in luukse te bly nadat ons vir 6 weke baie eenvoudiger gebly het. Ons kry Jana, Saterdag 23 Junie en reis per voertuig na Ankarafantsika Nasionale Park naby … Lees meer hieroor…

MADAGASKAR NUUSBRIEF 2

JOHAN EN MARIANNE SE TOER VAN NEGE WEKE DEUR MADAGASKAR Nuusbrief  No 2. 1 Junie – 17 Junie 2012 Laas toe ons geskryf het was ons in TULEAR aan die Weskus van Madagaskar, redelik vêr suid. Ons “stick” onsself vir ‘n meer upmarket hotel – Hotel Victory en het ‘n lekker kamer. Vroeg die oggend ry ons met ons eie fietse na Arboretum d’Antsokay.  Dit is ‘n Botaniese buin en Natuurpark waar ‘n Switzer ‘n groot verskeidenheid van die plantegroei in die suidelike gedeelte versamel en aangeplant het – 1000 endemiese spesies van die “Spiny Forest” is te siene oor ‘n are van 7 ha.  Die Spiny Forest is uniek en kom net in die droë harde suide voor.  Daar is ook heelwat voëls, maar dis koud en bewolk en ons sien nie so ‘n groot verskeidenheid nie.  Sien egter ons eerste Running Coua. Die aand ry ons met ‘n pouse-pouse na ‘n Malgassiese Restaurant.  … Lees meer hieroor…

MADAGASKAR NUUSBRIEF 1

JOHAN EN MARIANNE SE TOER VAN NEGE WEKE DEUR MADAGASKAR   Nuusbrief  No 1. 12 – 31 Mei 2012 Madagaskar is ‘n land vol verrassings. Eerstens is die eiland baie groter as wat ‘n mens dink – 1600 km lank en 600km breed – amper so 60% van SA. In die tyd van Godwanaland het Madagaskar saam met Suid Amerika, Antartika Australie en Indie losgebreek van Afrika. Die diere het later gevolg – heelwaarskynlik op drywende papyrus vanaf Afrika. Net die diere wat kon hiberneer het dit gemaak – 4 moederspesies LEMURS (aapagtig), TENRICS (langneus muisagtige diere wat soos krimpvarkies lyk), REPTIELE soos verkleurmannetjies en geitjies asook insekte. Gevolglik is daar ‘n rykdom van fauna en flora uniek tot Madagaskar.                  Masoala N P Vissermanne ANTANANARIVO – Tana – die hoofstad het ‘n “vibrant” Franse kultuur maar is baie vervalle en plek-plek baie vuil. Sommer die eerste dag … Lees meer hieroor…