MADAGASKAR NUUSBRIEF 3
JOHAN EN MARIANNE SE TOER VAN NEGE WEKE DEUR MADAGASKAR Nuusbrief No 3. 18 Junie – 13 Julie 2012 Ons is in Manakara aan die ooskus van Madagaskar en ry per trein na Fianarantsoa (Fiana). ‘n Rit van 163km oor 67 brûe en deur 48 tonnels. Jean, ons motorbestuurder, ry die heelwat langer ompad om ons bo-op die hoogland by Fiana te ontmoet. Die rit behoort 8 – 10 ure te duur, maar dit neem ons 24 uur. ‘n Rit vol avontuur en drama (sien ons detail beskrywing: TREINRIT.) Ons reis in 2 dae na Tananarivo (Tana) waar ons weereens in die ou gerestaureerde 4 ster hotel Le Pavillon de l’Emyrne bly. Die hotel is persoonlik en pragtig met antieke meubels en skilderye. Dis lekker om so in luukse te bly nadat ons vir 6 weke baie eenvoudiger gebly het. Ons kry Jana, Saterdag 23 Junie en reis per voertuig na Ankarafantsika Nasionale Park naby … Lees meer hieroor…