AFRIKA BRIEF 5
AFRIKA REIS : JOHAN & MARIANNE (5) – 8 JULIE 2010 Ons vorige brief was vanaf Niamey hoofstad van Niger. Voor vertrek moes ons eers ‘n klein hersteling maak aan ons voertuig se opdrukdak – die sweis-las het gebreek. Dit blyk dat ek beter toegerus is vir die job as die werkswinkel. Ek gee die tape, hulle sny die staal met hul ystersaag. Die staal word met ‘n handvyl korter gevyl wat met ‘n tang vasgehou word – gate word geboor met hul boor en my boorpunte, alles op die sypaadjie en daarna af na die sweiser. Los drade word in ‘n soort van ‘n plug gedruk met die anderkantste drade wat op die sweismasjien vasgedruk word. En net daar op die sypaadjie word ‘n baie professionele sweis-las gemaak en kon ek die nuwe plaat vas rivet – dis die Afrika manier. Ons ry noord en slaap by ‘n hotel – soortvan – langs die … Lees meer hieroor…