ONS TOER DEUR AFRIKA IN 2010       

  Ons toer begin by Louis Trichardt en eindig 3½ maande later in Duitsland waar ons ons Afrikamotor – Timbuktu by Murg in ‘n boer se plaasskuur stoor vir ‘n jaar. Ons toer saam met georganiseerde groep. Vir ons toerleier Dave was hierdie toer deur Wes Afrika ‘n eerste. Swak vooraf beplanning was daarvoor verantwoordelik dat ons verniet tot by die Kongoriviermond gery het nadat Viv ons in Luanda gewaarsku het dat ons nie daar oor die grens sou kon gaan nie. ‘n Tweede probleem is dat niemand van ons groep frans kan praat nie. Dave is ‘n goeie kok en het die aandetes en ontbyte gemaak wat vir ons nogal baie vrye tyd gegee het. By Tsumeb koop ons ‘n vrag vleis maar so taai dat al die steaks in die drukkoker gaar gemaak moes word. Op die grense het ons lekker in ons lugverkoelde motors gesit terwyl Dave die baie red tape hanteer … Lees meer hieroor…

AFRIKA BRIEF 3

AFRIKA REIS : JOHAN & MARIANNE  (3)      –         19 JUNIE 2010 Laas toe ons geskryf het was ons in Kinshasa van die DRK (Demokratiese Republiek Kongo).  Op ‘n stadium ry ons verby die standbeeld van Laurent Kabila, die vorige president van die DRK en voel lus om ‘n foto te neem.  Gelukkig besluit ons daarteen, anders was ‘n verlengde verblyf onder minder gunstige toestande ons voorland. Hier is baie soldate en almal lyk “trigger happy”.  Ons word afgeraai om buite die hotel alleen te beweeg.  Amelia van ons ambassade het ons die volgende oggend na die veerboot begelei.  Chaos en 1½ uur later vertrek ons oor die Kongorivier na Brazzaville, hoofstad van Brazzaville Kongo.  Hier is die atmosfeer opmerklik makliker met minder soldate en polisie.  Brazzaville is ook maar vervalle, maar beter georganiseer as Kinshasa – bly in ‘n basiese, maar duur hotel met ‘n swembad en lugreëling. Ons rit na Gaboen word onderbreek deur … Lees meer hieroor…

AFRIKA BRIEF 7

AFRIKA REIS : JOHAN & MARIANNE  (7) FINALE   –         31 JULIE 2010     Ons is tans op ‘n veerboot vanaf Ceuta (Afrika) na Algeciras in Spanje.  Afrika is besig om agter die horison weg te sak.  Met hierdie brief voltooi ons die Afrika toer. Laas toe ek geskryf het, het ons die aand by Marrakech aangekom – ‘n stad (1½ miljoen mense) met baie fasette.  Ons raak geleidelik meer gewoond aan “bargaining”.  Die kuns is om ‘n baie lae prys te maak as antwoord op sy belaglike hoë prys en dan belangstelling te verloor in die produk – “gaan eers ‘n bietjie kyk of daar nie elders ‘n soortgelyke produk te koop is nie.”  Dit werk nogal goed, want dan val hulle vinnig, maar altyd kom hulle met ‘n nuwe truuk. Welwetend dat ons eers ‘n prys moet vasmaak voordat ons ‘n foto neem of iets vra of te veel belangstel, beding ek … Lees meer hieroor…

AFRIKA BRIEF 6

AFRIKA REIS : JOHAN & MARIANNE  (6)      –         19 Julie 2010 Laas toe ek geskryf het was ons in Bamako (sê Bamma-ko), die hoofstad van Mali – ‘n stad wat beïndruk met sy breë boulevards en nuwe geboue.  Ander gedeeltes is steeds tipies Afrika.  Ons eet tradisionele kos in ’n oulike restaurant.  Bamako is weerskante van die Niger-rivier met 2 brûe wat verbind.  Ons hotel is ‘n vyf-ster (so 3-ster gehalte) en ons geniet die luukse.  Duidelik is die mense hier meer gewoond aan toeriste. Die pad noord is teer en later baie goeie grondpad (voel soos ‘n teerpad).  Slaap die nag by Nara by die Mauritanië grens in droë semi-woestyn doringveld.  Steeds is daar omtrent geen muskiete, maar wel poele water van onlangse reën.  Die reën het nog nie regtig die gras laat deurbreek nie.                          In die Sahel is dit moeilik om … Lees meer hieroor…

AFRIKA BRIEF 5

AFRIKA REIS : JOHAN & MARIANNE  (5)      –         8 JULIE 2010 Ons vorige brief was vanaf Niamey hoofstad van Niger.  Voor vertrek moes ons eers ‘n klein hersteling maak aan ons voertuig se opdrukdak – die sweis-las het gebreek.  Dit blyk dat ek beter toegerus is vir die job as die werkswinkel.  Ek gee die tape, hulle sny die staal met hul ystersaag. Die staal word met ‘n handvyl korter gevyl wat met ‘n tang vasgehou word – gate word geboor met hul boor en my boorpunte, alles op die sypaadjie en daarna af na die sweiser.  Los drade word in ‘n soort van ‘n plug gedruk met die anderkantste drade wat op die sweismasjien vasgedruk word.  En net daar op die sypaadjie word ‘n baie professionele sweis-las gemaak en kon ek die nuwe plaat vas rivet – dis die Afrika manier. Ons ry noord en slaap by ‘n hotel – soortvan – langs die … Lees meer hieroor…