AFRIKA BRIEF 4

AFRIKA REIS : JOHAN & MARIANNE  (4)      –         28 JUNIE 20  Met die laaste e-pos was ons in Ngaoundere, die hoofstad van die noordprovinsie in Kameroen. Hoogtepunte in Kameroen: pragtige skoon dorpies met spits grasdakke in Savannah omgewing; vroue (meestal Moslem) met mooi gelaatstrekke in elegante lang rokke en kopdoeke (Afrika patrone en helder kleure); goeie paaie in die noorde en weste, maar chaos om die twee te verbind; vriendelike mense; pragtige reënwoude in die suide.  Laagtepunte: warm nagte; oorlaaide lorries wat nie kan stop nie; die groot dorpe bly neste; polisiebeamptes met ‘n houding wat te min toeriste sien en belangrik voel – baie polisie stoppe; die lodge, wat volgens ons boek tussen die granietkoppe langs ‘n groot meer (Lake Lagdo) in die noorde lê, en deur Duitsers bestuur word is 2 jaar later ‘n vuil shebeen met baie vlieë en slegs tekens van die vroeëre glorie; verval van besienswaardighede; die stroping van die … Lees meer hieroor…

AFRIKA BRIEF 2

AFRIKA REIS : JOHAN & MARIANNE  (2)      –         3 JUNIE 2010    Die 19de Mei (Donderdag) ry ons na Soyo, ‘n groot dorp by die mond van die Kongorivier.  Die pas is sleg (was lank gelede ‘n teerpad) en gevolglik ry ons 3 dae aan hierdie gedeelte.  Die groep slaap by Barro do Dondo by die see, onder palmbome by ‘n plaaslike kleinboer.  Ons ry terug na Luanda (Vivian & Hanlie) om spaar studs en rekenaarprogramme te kry wat Hanlie as lugbagasie vir ons saamgebring het.  Ons sou weer op pad na Ambriz by die groep aansluit.  By Ambriz slaap ons op ‘n verlate strandjie onder ‘n paar palmbome.  Ambriz was ‘n pragtige dorp met dubbelpaaie, bankies en met groot bome op die middelmannetjie, alles nou vervalle.  Van Ambriz na Nzeto en ry verder tot by Makula waar ons op die begroeide duine langs die see kamp.   Ons swem en vang die middag vis.  Karlien … Lees meer hieroor…

AFRIKA BRIEF 1

AFRIKA REIS : JOHAN & MARIANNE  (1)      –         19 MEI 2010 Ons slaap vannag by Vivian & Hanlie in Luanda en reis môre noord na die Congo Rivier.  Dit sal ons so 2 – 3 dae neem om daar te kom. Ons is reeds 2 weke op reis. Vanweë probleme met ons visums het ons 2 dae laat begin vanaf Louis Trichardt.  Op ‘n stadium kon ons nie eers die agent wat ons visums doen opspoor nie en was ons paspoorte weg.  Tot groot genot van die ouens probeer Stanley om Mike Bolhuis, deur middelvan, die internet op te spoor  (dis is nou die Mike Bolhuis van Joost van der Westhuizen se dinge), sodat hy die agent kan opspoor, maar eindig elke keer by Joost en sy dinge. Ons vertrek toe uiteindelik op Woensdag, 6 Mei nadat die paspoorte, en let wel slegs sommige van ons visums arriveer.  Ons tweede paspoorte met Schengen-visas is tot … Lees meer hieroor…