ONS TOER DEUR TURKYE EN SEIL IN DIE ADRIATIESE SEE

Die beeld wat baie toeriste van Turkye het is dat Turkye bestaan slegs uit Istanbul met sy mengsel van Oosterse en  Westerse kulture, die suidooskus (Adriaanse see) met sy strande en seilbote en moontlik Kappadocië met sy lugbalonne.  Tog bied Turkye baie meer. Ons besoek Turkye in 2014 en vind die oostekant van die land ‘n skatkis van kulture, natuur en mense, met baie min toeriste anders as die Turke en hul expatriote.  Hier volg ‘n paar hoogtgepunte: Die FATIMARIVIER  ontspring in die hoë Kackarberge en mond uit in die Swartsee naby die Georgië grens.  Die Swartsee hier is leweloos en oninterressant maar die berge langsaan is ‘n ander storie.  Diep bebosde valleie strek diep die binneland in na hooglande met bergplasies wat in die winter verlate en toe is onder sneeu. Die Firtimarivier kronkel sy pad op tot bo in die Kackarberge met sy permanente sneeu. Dis hier in die Fatimavallei waar ons die oulike OTEL … Lees meer hieroor…

ANI

ANI   Die stad Ani dateer vanaf die 5de eeu.  Vandag is daar slegs klein gedeeltes oor van die eens magtige stad van meer as 100 000 inwoners en hoofstad van die Armeniese Ryk (961 – 1045 NC).  Dit is moeilik om jou in te leef in die lewe hier 10 eeue gelede.  Nou is dit droë graslande met ‘n paar murasies, ‘n stuk muur, ‘n kerk of wat, maar hoofsaaklik klippe.  Hoekom hier in die uithoeke van die grootte Steppe?  Die stad is so gebou dat slegs 1 kant deur ‘n muur beskerm is.  Die ander 2 kante is beskerm deur die sterkvloeiende Akhurianrivier in ‘n diep valley en die Bostaniar vallei met sy kranse.   Ani wat bekend gestaan het as die stad van 1001 kerke was geleë op die kruispad van verskeie handelsroetes.  Dit was ook die begin van die “Silk route” na China.  Handelaars moes belasting betaal om oor die brug … Lees meer hieroor…