DIE HONDE EN KATTE VAN TURKYE

DIE HONDE EN KATTE VAN TURKYE   In Istanbul is dit opvallend hoe baie honde en veral katte die strate patroller.  Mens sou verwag dat die katte maer en verskrik sou wees maar nie, nie hierdie katte nie.  Van die katte kom skuur teen jou been stert in die lug.  Dit blyk dat die Turke geneig is om vir die straatdiere te sorg en soms selfs vir die straatkatte ‘n kathuisie op te rig. Ons eet aandete by ‘n restaurant en sit op die balkon. Onder ons is dit ‘n malhuis van bedrywighede, restaurant wat mekaar meeding vir klante, musikante, kinders, nuuskieriges en natuurlik die katte.  ‘n Gemmerkat sit langs een van die tafels en wag vir ‘n meevallertjie.  Die kelner sien hom en verjaag hom en maak nogal seker dat die kat behoorlik padgee.  Die kat gee flink pad tot net buite die kelner se sig, klim ‘n geut op, raak weg onder die … Lees meer hieroor…

SMOUSE VAN TURKYE

DIE SMOUSE VAN TURKYE   Die roomysman in sy motorboot is ‘n kenner van maritieme gebruike.  So gebeur dit dat ons op ‘n catamaran seilboot ‘n pragtige baai naby Oludeniz in Turkye binnevaar.  Hier wil ons slap.  Daar is reeds ‘n paar ander bote in die baai wat geanker is.  Die gebruik is om ‘n anker voor uit te gooi en dan met die enjins agteruit te ry tot naby die oewer en dan een of twee landline uit te sit na ‘n boom of rots op land.  So word die boot se beweging met 3 ankerpunte beperk.   Dir roomysman is vining daar en neem bevel oor vanuit sy motorboot wat hy vernuftig hanteer … “Bit more to port, let the achor go, yes, yes … Stop”.  So kom sy opdragte een na die ander.  Tanye, ons skipper, aanvaar sy opdragte gedweë en ons, die bemanning moet die opdragte uitvoer.  Kan nie glo hoe … Lees meer hieroor…

HIERAPOLIS

HIERAPOLIS   By Pamukkale in die provinsie Denizli net Noord van Antalya is die stad Hierapolis.  Die stad is in die 2de eeu gebou rondom ‘n kalsium en mineraalryke warmwaterbron (“the thermal spa of Hierapolis of Pergamon”).   Onder die stad is die bekende spierwit kalsium watervalle en damme.  Die water het medisinale en terapeutiese eienskappe wat dit tot vandag toe ‘n baie gewilde bestemming vir toeriste maak.  In 60 NC is die stad deur ‘n aardbewing verwoes en weer opgebou.  In 133 NC het die Romeine die stad oorgeneem en heelwat nuwe geboue gebou in die Romeinse-greco styl.   Die temple van Apollo wat regoor die warmwaterbron gebou is, die teater, die biblioteek (nou ‘n museum), die hidroliese watersisteme en die “Mortyrium of St. Philip” is steeds te sien.  Die apostel Philip wat in 87 NC in die teater die Christus boodskap gebring het, is hier gekruisig.  Die stad het heelwaarskynlik in die stad … Lees meer hieroor…

SMOUSE IN ISTANBOEL

SMOUSE IN ISTANBUL   Ons beplan ons leerbaadjie aankope in detail.  Eers gaan ons na die “Grandbasaar” en kry ‘n gevoel van die heersende pryse en vra dan wil ons sommer ook uitvind hoe mens kunsleer van regte leer onderskei – ons leefase.  Ek het 2 stukkies “egte” leer in my sak wat ek dan met die nuwe baadjie s’n wil vergelyk.  Ons het reeds die winkel waar ons uiteindleik wil koop geindentifiseer, net buite die “Grandbasaar”.  Die kinders sal dan eerste beding en ek sal later kom met ‘n finale aanslag  – so maklik.   Ons strategie begin sommer dadelik verkeerd.  Eerstens sluit die basaar binne ‘n halfuur nadat ons daar aankom., tweedens kan ek nie die 2 stukkies leer vind nie, en derdens vind ons nie die area in die basaar waar die leerhandelaars bedrywig is nie.   Die antwoord is natuurlik om te vra waar is die leerhandelaars, maar ons moet iemand … Lees meer hieroor…

SAKALOSSES

SAKALOSSES   Die stad Sakalosses is hoog op teen ‘n berghang gebou.  Terwyl ons in ‘n karootipe landskap die berg opry wonder ons onwillekeurig – waarom hier van alle plekke.   Die eerste teken van beskawing dateer van 10 000 VC met ‘n nedersetting reeds 6 500 VC en daar is bewyse van landbou doer onder in die vallei 4 000 VC.  Die stad het ontstaan net na die brondtydperk en tydens die latere Persiese ryk.  Met Alexander die Grote se invalle 333 VC het Sakalosses ‘n Griekse stadstaad geword.   Tydens die Romense Keiser Hadrian (3de eeu NC) se bewind was hierdie die “first city of the province Pisidia”.  Dit was gedurende die sogenaamde “Golden Age”.  Waarom was almal oor die eeue heen so in vervoering oor hierdie stad daar doer bo tussen die klippe?   Sakalosses is geleë teen die Taurusberge op kalksteen formasies met klei net onder dit.  Die kalksteen is poreus … Lees meer hieroor…