BLOG 8: FIETS EN BOOTTRIP (The worlds most dangerous road)
Op Sondag 1 Julie word ons by ons Hotel Rendezvous opgetel om per fiets die “The most dangerous road in the world” aan te pak. Maandag begin die tweede deel van ons avontuur naamlik 3 dae “downhill” per fiets en ‘n verdere 3 dae op ‘n boot op die Benirivier tot by Rurrenabaque. The most dangerous road: Ons pak die dag aan saam met Gravity Tours, ‘n baie professionele toergroep. Met die fietse op die dak laai hulle ons voor sonsopkoms op en ry ons ‘n pas op tot op ‘n hoogte van 4500m. Buite is dit koud en mistig met sneeu langs die pad. Ons gids besluit om eers op 4200m te begin en laai die fietse af. Ons groep bestaan uit Johan (myself), Viv en Hanlie Gericke, Pine en Alta Pienaar, Judex Oberholzer, Hans en Ronel Oosthuizen, Bertus en Esmé van Zyl, Corrie Olivier en Margaret Ellis en Charles en Renate van Niekerk. … Lees meer hieroor…