ONS TOER DEUR TURKYE EN SEIL IN DIE ADRIATIESE SEE
Die beeld wat baie toeriste van Turkye het is dat Turkye bestaan slegs uit Istanbul met sy mengsel van Oosterse en Westerse kulture, die suidooskus (Adriaanse see) met sy strande en seilbote en moontlik Kappadocië met sy lugbalonne. Tog bied Turkye baie meer. Ons besoek Turkye in 2014 en vind die oostekant van die land ‘n skatkis van kulture, natuur en mense, met baie min toeriste anders as die Turke en hul expatriote. Hier volg ‘n paar hoogtgepunte: Die FATIMARIVIER ontspring in die hoë Kackarberge en mond uit in die Swartsee naby die Georgië grens. Die Swartsee hier is leweloos en oninterressant maar die berge langsaan is ‘n ander storie. Diep bebosde valleie strek diep die binneland in na hooglande met bergplasies wat in die winter verlate en toe is onder sneeu. Die Firtimarivier kronkel sy pad op tot bo in die Kackarberge met sy permanente sneeu. Dis hier in die Fatimavallei waar ons die oulike OTEL … Lees meer hieroor…