CUSCO EN MACHU PICCHU Mei 2019

PERU: CUSCO EN MACHU PICCHU MEI 2019 Ons onderbreek ons vlug na Cusco vir ‘n kort besoek aan Lima, hoofstad van Peru. Ons bly in ‘Hostel Flying Dogs’ oorkant die Kennedy park in Miraflores. Hierdie park wemel van katte wat hier ‘n veilige heenkome vind en hulle min steur aan al die aandag. Die park is netjies versorg en baie skoon. Waar ons gestap het tot by die toeriste hotelle op die stille Oseaan kus was daar nie ‘n enkele papier wat rondlê nie. Daar heers ‘n kultuur van netheid! Later blyk dit tog dat van die ander gebiede in Lima maar vuil is met ook heelwat slums teen die koppe en oorkant die rivier.         Lima is ‘n baie groot stad van 10 miljoen mense, met 16 distrikte wat elkeen hulself bestuur met hul eie dienste en polisie. Lima wat in 1550 die belangrikste stad in Suid Amerika was, is in … Lees meer hieroor…

BLOG 18

BLOG 18: PARAGAUY EN URUGUAY. Ons bly by Hasta la Pasta net oos van Asuncion, hoofstad van Paragauy. Die eienaars is Switsers en trek die Duitsprekende ‘overlanders’ na hul oase en bly soms vir weke daar oor. Ons gee ons voertuig in vir herstelwerk en ‘n diens in Asuncion en neem ‘n bus terug na die kampplek. Die busbestuurder onderneem om ons te wys waar om af te klim om van busse te verwissel. Om ons speel daar ‘n toneel af van uitbundige studente, huisvroue wat huiswaarts keer en smouse wat tot op die ryvlak van die pad uitstal. Dit lyk telkens asof ons ‘n kliënt gaan raakry voor ‘n stalletjie of waar iemand sommer voor die bus inloop met so ‘n nonchalante houding. Die busbestuurder trek nie ‘n spier nie…dit is maar hoe dinge hier gebeur! By party busstoppe spring luidrugtige smouse op die bus en werk hulself deur tot agter in die bus en … Lees meer hieroor…

BLOG 17: Bolivië en die Argentynse Chaco

  BLOG 17 (Mei 2018) Ons is oppad na die grenspos Ollague tussen Chilie en Bolivië en soek kampplek. Op ‘iOverlander’, die internet forum, verwys iemand na ‘n piekniekplek by ‘n  soutpan met ‘n warmwaterfontein net voor die grens. Wat ‘n juweel! Ons is alleen met net jakkalse en watervoëls as geselskap. Die fontein is helderskoon vars warm water en is ‘n heerlike lafenis in die koue berglug.       Die pad na die ‘Salar de Uyuni’ soutpanne is ‘n riller met sinkplaat wat voel asof ons kar enige oomblik kan verander na ‘n hoop parte. Die paaie het nie aanwysings nie maar uiteindelik kry ons toegang tot die soutpan via ‘n goeie pad wat sowat ‘n meter bo die panne gelig is.   Om ons is die panne onder water met die berge ver weg wat soos eilande op die water dryf…die effek van lugspieëlings. Na ‘n paar kilometer stop die pad skielik … Lees meer hieroor…

BLOG 16 (Einde April 2018)

  BLOG 16:  VALPARAISO EN DIE ATACAMA WOESTYN IN CHILIE   Valparaiso is ‘n hawestad naby Santiago en is onder andere bekend vir sy straatkuns. Ons het nuwe staal rims vir ons motor Timbuktu laat maak in Santiago  en terwyl ons wag besoek ons Valparaiso. Die stad is op die heuwels om die hawe gebou met steil straatjies met oral baie oorspronklike straatkuns. Van die skilders was besig met hul skeppings toe ons verby stap en is maar te gewillig om te poseer vir ‘n foto. Die stad is bekend daarvoor dat alles aanvaarbaar is en gevolglik lê sy sjarme in die jong mense, hul straatkuns, hul individualiteit en hul kleredrag. Elkeen doen sy ding op sy eie manier.   Weereens het ons drama toe ons binneband bars by die petrolpomp in een van Valparaiso se besigste strate. Lees meer by PAP BAND. Terug in Santiago is ons verplig om nog ‘n dag langer te … Lees meer hieroor…