BLOG 18
BLOG 18: PARAGAUY EN URUGUAY. Ons bly by Hasta la Pasta net oos van Asuncion, hoofstad van Paragauy. Die eienaars is Switsers en trek die Duitsprekende ‘overlanders’ na hul oase en bly soms vir weke daar oor. Ons gee ons voertuig in vir herstelwerk en ‘n diens in Asuncion en neem ‘n bus terug na die kampplek. Die busbestuurder onderneem om ons te wys waar om af te klim om van busse te verwissel. Om ons speel daar ‘n toneel af van uitbundige studente, huisvroue wat huiswaarts keer en smouse wat tot op die ryvlak van die pad uitstal. Dit lyk telkens asof ons ‘n kliënt gaan raakry voor ‘n stalletjie of waar iemand sommer voor die bus inloop met so ‘n nonchalante houding. Die busbestuurder trek nie ‘n spier nie…dit is maar hoe dinge hier gebeur! By party busstoppe spring luidrugtige smouse op die bus en werk hulself deur tot agter in die bus en … Lees meer hieroor…