DIE DORPIE CHECILITO
Hierdie artikel vorm deel van blog 3 via ‘n “interlink” Ons het voertuig probleme. Ons motor sluk so nou en dan. Ons soek ‘n motorwerktuigkundige in Chilecito Chilecito is ‘n pragtige en bekende dorp ingedruk tussen ‘n paar koppe. Hier vind ons ‘n garage wat ons kan help. Die jong en entoesiastiese motorwerktuigkundige vat ons motor vir ‘n toetsrit en geniet die motor met sy regterhand stuur so baie dat hy nog ‘n ekstra draai ry. Die motor wil toe natuurlik nie ruk terwyl hy dit toets nie. Terug by die motorhuis maak hy die enjinkap oop en ruik onmiddelik die suur van die battery. Dit was toe nie die reuk van organiese petrol wat ek al die tyd geruik het nie maar die reuk van die batterysuur van ‘n gebarsde battery. Hulle vind ‘n nuwe battery en bevestig ook dat my petrolfilter skoon is. Ons moet blyplek kry want die son het reeds … Lees meer hieroor…