Timbuktu ons Afrikamotor

Ons ry deur die Limpoporivier op pad na die Tuliblok in Botswana

In 2009 koop ons ‘n Landcruiser bakkie en herbou dit tot ‘n safari voertuig. Die “chassey” is verleng met 500mm en die kajuit is afgesny en herbou tot ‘n “walkthrough” tipe karavaan.

Die dak kan oplig en die sykant kan afslaan om ‘n bed te vorm aan die eenkant en ‘n kombuis aan die anderkant.  Opgeslaan  gee dit nogal ‘n ruim vertrek en kan  ons beide gemaklik elk by ‘n tafel op ons rekenaars werk. Die voertuig het nie ‘n toilet nie en ons maak gebruik van ‘n oopslaan buitestort met ‘n stortsak.  Indien nodig kan ons of ‘n afdak oopslaan of met effens meer moeite die sykanttent opslaan.

Ons het brandstof vir meer as 1000km en 80L water. Die battery kapasiteit vir die ys- en frieskas is 3 dae (sonder die sonpanele).  Ons het beide 12v en 230v elektriese kapasiteit en kan klein veranderings self doen.

Omdat die diesel Landcruiser destyds nie genoeg krag gegee het nie, het ons op die betroubare petrol model besluit. Die voertuig het Ironman skokbrekers asook lugvere agter. Ons het die voertuig self ontwerp, maar meeste van die werk is deur spesialiste gedoen volgens ons spesefikasies.

Op ons Afrikatoer het ons net in die begin ‘n paar probleme gehad. In Marokko is die bladvere wel versterk.

In 2016 het ons die tentmaterial van die oopslaanbed vervang met ‘n “glass resin” bord (wat in seevarende bote gebruik word).  Dit maak die oopslaanbed ligter, beter geisoleer en baie veiliger snags.

Op pad na Luangwa Nasionale Park in Zambië

 

Noorweë

 

Finland

 

Lesotho

 

Morokko

 

langs Tanganjikameer

 

Kgalagadigadipanne in Botswana

 

Golden Gate

 

Noorweë