Wie is ons

verlorenstoer

Johan & Marianne ver Loren van Themaat

Ons woon in Pretoria die afgelope 40 jaar.  Johan is ‘n siviele ingenieur en besigheidsman in die beton- en konstruksiebedryf en Marianne is ‘n fisioterapeut met haar eie praktyk.

Ons geniet om te toer en nuwe plekke te ontdek.  Tesame met ons drie dogters Tanye, Liezl en Jana het ons oor die jare baie interessante plekke gesien en avonture beleef.  Ons was nog altyd lief vir aktiewe vakansies:  fietsry, ski, seil, stap en 4x4.  Die afgelope paar jaar hou ons dogters se onderskeie beroepe hulle te vas om gereeld saam te toer.  Boonop is Timbuktu, ons Afrika voertuig, slegs ingerig vir twee persone.  Gevolglik is die meeste artikels in ons BLOG toere van Johan en Marianne.

Met ons reise is ons gedurig bewus van die grootsheid van God se skepping en dankbaar dat ons dit so spesiaal kan beleef.  Dit maak ons hartseer om te sien hoe mense die skepping verniel.

Ons wil graag met julle, ons vriende en familie, deur middel van ons foto’s en beskrywings in hierdie BLOG, deel wat ons beleef.

Kontak ons

Please enter your name.
Please enter a valid email address.
Something went wrong. Please check your entries and try again.
EPOS

verlorenstoer@gmail.com